bejaarde ouers




7 Sep, 2026
7 Sep, 2026
Die lewe by die see was presies waarop ons gehoop het toe ons ons nuwe lewenswyse so halsoorkop aangepak het. Ons woonstel was net 'n halwe kilometer weg van die pragtige met die louwarm water van die Indiese Oseaan wat sy helder kleurpalet vertoon het.
29 Aug, 2026
29 Aug, 2026
'n Verlengde vakansie by die see. Ons het na die KwaZulu-Natalse Laer Suidkus gegaan vir 'n gesinsvakansie, toe ons lewe op die Hoëveld prysgegee, ons verblyf by die see verleng en in die Paradys gebly vir wat ons gereken het ten minste 'n jaar sou wees.
28 Jul, 2026
Ons het voorheen graag naweke ontspan en ontstres en ons het probeer om die twee nuwe lede van die gesin te betrek. Uitputting en tuisversorgingstres het ons pogings om te leer om as 'n gesin saam te leef, ontspoor. Ek het skaars opgemerk hoe naby ek self aan breekpunt was.
21 Jul, 2026
2007 was nie 'n maklike jaar nie. Toe my bejaarde moeder in ons reeds oorvol huis ingetrek het, moes elke gesinslid gewoond raak aan die ongemaklike realiteit van saamleef met ‘n bejaarde ouer. Eerstens moes ons kamers verskuif en herrangskik in die huis wat ons aanvanklik vir drie gesinslede beplan het.
14 Jul, 2026
Die brose vrede in ons huis het verder ontrafel as gevolg van verskille wat verband gehou het met geloof, afstand en lank gekoesterde wrokke. Om 'n huis te deel met ‘n bejaarde ouer het daardie verskille na vore gebring en my gedwing om grense te stel wat ek lank vermy het.

