M

Explore

  • ๏„‘
    Introduction
  • ๏„‘
    Journal Entries
  • ๏„‘
    Homepage

Follow me:

Share This Page:

M

Verken

  • ๏„‘
    Inleiding
  • ๏„‘
    Joernaalinskrywings
  • ๏„‘
    Tuisblad

Volg My:

Deel Hierdie Bladsy:

2020 โ€“ 2021 | Terwyl Ons Wag vir Opheffing van die COVID Inperkings

Sep 20, 2026 | Journal, Cancer | 3 comments
Illustrasie van drie vroue uit verskillende generasies wat deur gevlegte hare verbind is, wat herinnering, erfenis en verbondenheid in The Braided Echo verteenwoordig
Echoes of lives woven together
Eggo's van verweefde lewens

Terwyl ons gewag het vir opheffing van die laaste COVID-inperkings, het ons dae hulle eie ritme aangeneem. Ons het op die strande tussen Hibberdene en Port Edward gestap en soms vyf tot sewe kilometer per dag afgelรช sonder om veel aan die afstand te dink. Ons het geswem waar ook al ons water gevind het.

Die see was natuurlik my eerste keuse. Water is my natuurlike tuiste en ek het nog nooit die idee daarvan verstaan โ€‹โ€‹om buite die water te bly wanneer dit daar reg voor my voete beskikbaar is nie. Ons het verkieslik in die branders en in die getypoele geswem, maar het ook nie sommer by โ€˜n varswater-swembad verby geloop nie. Waar daar water was, het ons ingespring.

Gelukkig het ons naby genoeg aan die strand gewoon om soontoe te stap wanneer die weer dit toegelaat het. Wanneer ons moeg geword het vir die strandgebied naby ons huis, het ons ons COVID maskers opgesit, en met die kus langs gery om 'n nuwe strand of getypoel te soek om die dag in die son deur te bring. Hier is 'n paar foto's uit daardie tyd.

Tydens die COVID-tydperk is ons toegelaat om by die strand te gaan visvang, net waar ons ook al ons 'n belowende poel water kon vind, en so af en toe het ek werklik iets gevang. Die kinders het dit heelwat ernstiger opgeneem en was mal daaroor om vis te vang van die rotse af of in โ€˜n boot te spring om diepseevis te gaan vang.

Dit was ons nuwe "normaal" tydens COVID. En miskien is dit die vreemde ding van normal wees โ€” normaal kondig nie altyd sy koms aan wanneer dit verander nie.

Tydens COVID het die normale lewe vir ons almal verander. Aanvanklik is die verandering op ons afgedwing. Ons kon nie gaan waarheen ons wou nie. Ons kon nie mense sien wanneer ons wou nie. Alledaagse dinge en manier van lewe het skielik โ€œvoorregteโ€ geword.

Toe, uiteindelik, is die beperkings opgehef. Ons kon weer gaan inkopies doen. Ons kon vriende besoek. Ons kon reis. Ons kon gaan waarheen ons wou. Maar ons was nie meer heeltemal dieselfde mense wat die inperking binnegegaan het nie en hierdie soort van leef het nou vreemd gevoel.

Ek het in reaksie op 'n opmerking van een van my vriende geskryf: "COVID het 'n verandering in ons ingesteldheid teweeggebring wat ons as ons 'nuwe normaal' aanvaar het."

Ek dink dit was vir baie van ons waar, al het ons dalk nie destyds die woorde daarvoor gehad nie. Ons is gedwing om stadiger te leef, met onsekerheid saam te leef en te ontdek hoe vinnig die alledaagse dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar het, kon verdwyn. Op een of ander manier het dit ons nuwe normaal geword. Nie bloot omdat die wรชreld verander het nie, maar omdat ons daarmee saam verander het.

Vir my het dit gelei tot 'n herwaardering van waardes en verhoudings. Sommige leefwyses en vriendekringe het kosbaarder geword. Ander het minder belangrik geword. Sommige het dalk bloot gewys wie hulle werklik nog altyd was.

Ek het meer bewus geword van tyd. Van die spesifieke mense wat ek aan my sy wou hรช. Van waar ek my energie wou bestee. En op 'n vreemde manier het COVID my toestemming gegee om op te hou om uitsluitlik volgens die ou reรซls te leef en 'n paar nuwes van my eie op te stel.

Miskien was dit waarom ek en my gesin so min begeerte gehad het om na die ou lewe terug te keer.

Ons het COVID oorleef. Ek het die hospitaal, die neusbloeding en die angswekkende onsekerheid van daardie weke oorleef. Daniel se gesondheid het genoegsaam gestabiliseer sodat ons onsself in โ€˜n nuwe omgewing kon vestig. Tegnies gesproke was daar niks wat ons gekeer het om op te pak, terug te keer na Gauteng of weer met die ou normale lewe voort te gaan nie.

Maar op een of ander manier was nie een van ons besonder gretig om dit te doen nie.

Ons het ontdek dat ons nogal van hierdie lewe hou. Daar was geen groot haas nie. Geen gejaag werk toe nie, geen verkeersopeenhopings nie, geen rooster wat gevolg moes word bloot omdat dit nog altyd daar was nie. Ons het die see, die strande, die sonskyn en, bowenal, tyd gehad.

Amptelik was ons vakansie verby. Maar tydens daardie uitgerekte en soms gedwonge vakansie, het ons iets gevind wat moeilik was om prys te gee. Ons het gestap. Ons het geswem. Ons het gehengel. Ons het langs die see gesit. Ons het van dag tot dag geleef. En vir nou was dit genoeg. So het ons vakansie maar net aangehou met uitstrek.

Maar daar het 'n ander "nuwe normaal" op my gewag. Ek het dit net nog nie geweet nie.

Kanker het my reeds een keer vantevore daardie les geleer. En toe het COVID dit gedoen. Daar kon dalk net โ€˜n ander normaal op die loer lรช.

In 2001 is borskanker by my gediagnoseer. Ek het die mastektomie, die chemoterapie en alles wat daarop gevolg het, oorleef. Vir jare daarna het die lewe geleidelik weer normaal geword. Ek het geleer om met die herinnering aan kanker saam te leef sonder om toe te laat dat dit elke wakker oomblik in beslag neem. Maar ek het nooit heeltemal vergeet nie. Ek het nooit heeltemal opgehou om bang te wees nie.

Elke roetine-doktersbesoek het 'n klein eggo van die verlede met hom saamgedra. Elke skandering kon my hart vinniger laat klop. Elke onbekende pyn, elke steek, elke verandering in my liggaam kon my laat wonder. Was dit iets? Of was dit niks?

Ek het my vrees 'n naam gegee. Ek het daarna verwys as die Wolf wat in my Voetspore Volg.

Af en toe het ek my verbeel dat ek sy skaduwee sien. Soms het ek gedink ek sien sy voetspore in die sand.

En toe, op 'n dag, terwyl ek op die strand hengel, het ek iets gevoel wat ek nie kon ignoreer nie. Dit was 'n verskriklike pyn net onder my ribbekas.

Ek het kortasem geword. Ek kon nie die masker oor my gesig verdra nie. Daar was nie genoeg suurstof in die lug nie. Die enigste plek waar ek kon asem haal, was op die strand. Ek kon net 'n paar treรซ gee voordat ek uitgeput was. Ek het nie meer in die branders geswem nie; ek het net op die water gedryf. Ek kon nie my visgerei uitgooi oor die branders nie. Ek was heeltyd moeg.

Ek het swam-infeksies ontwikkel. Toe merk ek 'n vaginale afskeiding op wat ek herken het as iets wat met oortollige estrogeen verband hou. Estrogeen โ€” my grootste vyand die afgelope twintig jaar. Ai jirre, skielik was ek so bang. En so eensaam.

En stadig, aanvanklik byna ongemerk, het iets binne-in my begin verander. Ek het depressief geraak. Nie omdat iemand vir my iets gesรช het nie. Niemand het nie. Trouens, die dokters het presies die teenoorgestelde gesรช. Die toetse was negatief. Die skanderings was negatief. Daar kon niks gevind word nie. Daar was geen diagnose om te verduidelik wat ek gevoel het nie.

En tog kon ek hom voel.

Die Wolf.

Hy was daar.

Hy het sy tyd afgewag.

Miskien was dit my verbeelding. Miskien het ek net โ€˜n maagspier verrek. Miskien was ek bang omdat ek al voorheen bang was. Miskien was elke pyn werklik net โ€™n pyn.

Miskien. Miskien nie. Dis die moeilikste plek om te wees.

Feite is makliker. โ€™n Diagnose is makliker. Selfs slegte nuus is, op โ€™n vreemde manier, makliker as om nie te weet nie. Want sodra jy weet waarmee jy te doen het, kan jy iets daaraan doen. Maar op daardie stadium het ek net dit geweet: Iets was fout.

En iewers op die agtergrond het die Wolf begin om โ€™n bietjie nader te sluip. Hy het in my voetspore gevolg.


HOOFFOTO: KI Illustrasie van 'n grys wolf wat sy prooi bekruip

WeaverWorx Website Designers

Credits: The Braided Echo website was designed by Karen of Weaverworx. All photographs, illustrations, and graphic elements on this site are created by Karen/Weaverworx. The blog posts are written by Hester, sharing reflections and stories through this space. The website design, images, and overall content remain the creative work and property of Weaverworx.

WeaverWorx Website Designers

Krediete: Die webwerf The Braided Echo is ontwerp deur Karen van WeaverWorx. Alle fotoโ€™s, illustrasies en grafiese elemente op hierdie webwerf is deur Karen/WeaverWorx geskep. Die blogplasings is geskryf deur Hester, wat haar refleksies en stories deur hierdie ruimte deel. Die webwerfontwerp, beelde en algehele inhoud bly die kreatiewe werk en eiendom van WeaverWorx.

3 Comments

  1. Anuk

    Poe Hester… wat een intens schrijven weer. Eerst die foto’s, waar zoveel plezier en geluk van af straalt. Daarna het besef dat COVID jullie zodanig heeft veranderd dat je niet meer terug wilt naar ‘normaal’ (hoe herkenbaar! ‘geen haas, geen gejaag’) en dan ineens jouw ‘wolf’. Depressief raken van ‘niet-weten’, maar wel voelen dat er iets mis is. Ik begrijp dat. Je laat me achter nu met spanning in de buik over het vervolg (al kan ik dat misschien raden).

    Reply
    • Hester Nel

      Dit klink nou amper na die ou dae toe elke movie in die bioskoop voorafgegaan is deur ‘n “cliff hanger”. Was dit voor jou tyd Anuk? want jy is heelwat jonger as ek.

      Reply
      • Anuk

        Nee, de cliffhangers uit de bioscoop ken ik nog hoor. Denk ik. Hmmm… Anyway: jij hebt inderdaad een echte cliffhanger hier. Hoeveel jaar schelen wij? Ik ben 65

        Reply
        • Hester Nel

          Ek het so pas 75 geword.

        • Anuk

          Maar nog steeds jong van geest ๐Ÿ™‚

  2. scrapydo2.wordpress.com

    Covid het sy eie merk op almal afgedwing en wil steeds telkens weer sy kop uitsteek. Wat kan nou nog met jou ‘verkeerd’ loop? Darem lekker om te lees van ‘n tydperk wat jy regtig geniet het. Stywe druk vir jou.

    Reply

Talk to me | Praat met my

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Portrait of Hester, the author of The Braided Echo, smiling and wearing a straw hat

About Me

People like to say everything happens for a reason. I have yet to find the reason that explains dementia, divorce lawyers, hospital corridors, or the look in a childโ€™s eyes when she realises her parent is not invincible. I write because it helps me think.

This is how I live my life. It is not a tragedy. I am not brave. I am practical. I get up. I show up for chemo. Some days I am angry. Some days I cry. Some days I laugh at the absurdity of it all. Most days I am just tired.

Portrait of Hester, the author of The Braided Echo, smiling and wearing a straw hat

Oor My

Mense sรช graag alles gebeur met โ€™n rede. Ek moet nog die rede vind wat demensie, egskeidingsprokureurs, hospitaal gange, of die kyk in โ€™n kind se oรซ wanneer sy besef haar ouer is nie onaantasbaar nie, kan verklaar. Ek skryf omdat dit my help dink.

Sรณ leef ek my lewe. Dit is nie โ€™n tragedie nie. Ek is nie dapper nie. Ek is prakties. Ek staan op. Ek daag op vir chemo. Party dae is ek kwaad. Party dae huil ek. Party dae lag ek oor die absurditeit van dit alles. Die meeste dae is ek net moeg.

Subscribe to Blog via Email

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Search

Search

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors